Archive for January, 2009

Centurion Toastmasters en ATKV Centurion praat saam Afrikaans

Wednesday, January 28th, 2009

Die twee organisasies het besluit om saam te werk en het die nuwejaar met ‘n baie suksesvolle Afrikaanse aand afgeskop.

Lede is uitgenooi om voorbereide toesprake in Afrikaans te lewer.

‘n Paneel van beoordelaars is uit die geledere van beide organisasies saamgestel.

Louwrie Engelbrecht, president van Centurion Toastmasters, is as algehele wenner aangewys.
Hy het verlede jaar ‘n tweede plek behaal in die Suidelike Afrika Toastmasterskompetisie.


Op die foto verskyn die deelnemers saam met van die beoordelaars.
Voor vlnr.: Sandra Coetsee-Smit (ATKV), Louwrie Engelbrecht (President van Centurion Toastmasters en algehele wenner) Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion)
Agter: Dave Cairns (tweede plek) en Raymond Schoonraad (derde plek)

Navrae:    Sakkie Kotze 082 925 1488

Terug Skool Toe

Thursday, January 22nd, 2009

Die skooljaar is weer in volle swang en dis Bennie se tweede dag op skool.
Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
‘Waarom is jy nou al terug?’, vra sy ma…
‘Die meneer en juffrou het gaan braai’, vertel Bennie.
‘Gaan braai, op ‘n dinsdag oggend wanner hulle moet werk? Hoe weet jy dit?’, vra sy ma.
‘Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huistoe want ek weet hoe lank vat ‘n flippen braai!’

Braai

Hallo wêreld!

Friday, January 9th, 2009

Welkom weereens by `n nuwe webtuiste vir die ATKV Centurion tak “www.tak.co.za”.

Vriendelike ATKV Groete