Archive for October, 2008

VONKTOEKENNINGS 2008

Friday, October 31st, 2008

Beste Album van die Jaar: Kurt Darren met ”Voorwaarts mars”
Beste Liedjie van die Jaar: Albert de Wet met ”Wat het gebeur in Aliwal-Noord”
Beste enkel Musiekvideo van die Jaar: Lianie May met ”Jy soen my nie meer nie”
Beste Groep DVD Album van die Jaar: Shine 4 met ”Grootste treffers live”
Beste DVD Album vir enkel kunstenaar: Chris Chameleon met ”Klassieke Chameleon”
Beste Nuweling: Lianie May
Beste Liedjieskrywers van die Jaar: Johan Vorster en Rencha Neetling
Beste Manlike Kunstenaar van die Jaar: Kurt Darren
Beste Vroulike Kunstenaar van die Jaar: Juanita du Plessis
Beste Groepalbum van die Jaar: Die Campbells met ”Klein bietjie liefde”
Beste Boeremusiekalbum: Konsertina Buddies met ”Konsertina Buddies”
Beste Boeremusiekdansalbum: Klipwerf met ”Hantam Blokkies”
Beste Instrumentale Musiekalbum: CH2 en SSQ met ”Pap en paella”
Beste Geestelike musiekalbum van die Jaar: Ronell Erasmus met ”Amen”
Beste Komedie-album van die Jaar: Tolla van der Merwe met ”Tolla van der Merwe se 120 heel beste stories”
Beste Country/Cross over- album van die Jaar: Alan Ladd met ”Amazing Grace” en Cheree met ”Country girl”
Beste Kinderalbum van die Jaar: Carike Keuzenkamp met ”Carike en Ghoempie in Kinderland 5”
Beste Kompilasie Album van die Jaar: ”100 oorspronklike Afrikaanse treffers”
Beste Kompilasie DVD Album van die Jaar: ”MK die DVD vol.2”
Beste Alternatiewe Album van die Jaar: Die Straatligkinders met ”Bloeisels”
Beste Rockalbum van die Jaar: Van Coke Kartel met ”Van Coke Kartel”
Beste Groep van die Jaar: Foto na dans met ”Intervensie
Fritz Klaaste Eretoekenning: Lionel Petersen
Postuumtoekenning: Ge Korsten
Ambassadeurstoekenning: Kurt Darren
Musiekpioniertoekenning: Manie Bodenstein
Lewende Legendetoekenning: Carike Keuzenkamp

VIERDE SONDAG VONK AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS VOL VONK

Wednesday, October 29th, 2008

Die vierde Sondag Vonk Afrikaanse Musiektoekenningsaand het weer vanjaar vol vonk en swier by Emperors Palace aan die Oosrand plaasgevind.

Tweehonderd en vyftig sangers en musikante het vanjaar vir die vyf en twintig kategoriee ingeskryf.

Verskeie sangers uit Centurion en Pretoria het vanjaar presteer:
Ronell Erasmus vir die beste Geestelike Album (”Amen”);
CH2 vir die beste Instrumentale Album van die Jaar (”CH2 en die Sowetan Strings Quartet”),
Juanita du Plessis vir beste Vroulike Kunstenaar en beste Cd-verkope van die Jaar.
Kurt Darren as beste Manlike Kunstenaar en vir die beste Album van die Jaar (”Voorwaarts Mars”)
Hy het ook die Ambassadeurstoekenning vir sy optredes in die buiteland ontvang.

Ander Vonkwenners van die aand was onder andere:
Theuns Jordaan as Gewildste Kunstenaar;
Lianie May as beste Nuweling en vir beste Musiekvideo (”Jy soen my nie meer nie” met Sean Else as regisseur)
Johan Vorster en Remcha Neethling as beste Liedjieskrywers (”Jy soen my nie meer nie”)
Die tagtigjarige konsertinaspeler Manie Bodenstein is as Musiekpionier aangewys.
Carike Keuzenkamp het ‘n Vonk ontvang vir die beste Kinderalbum (”Carike en Ghoempie in Kinderland”). Sy is ook as Lewenslange Legende aangewys en het met die nuutste Mercedes Sportmodel, geborg deur Mercedes Centurion, daar weggery.


Op die foto verskyn vlnr.: Sakkie Kotze (een van die beoordelaars) Kurt Darren, Corneille Hutten-Burger (CH2) Kobie Koen (Besturende Direkteur van Vonk) en Leon Gropp (CH2)

ATKV Centurion Sangersforum het die Wikkelwysies.kom Sanggroep genooi om lid van die Sangersforum te word.

Friday, October 24th, 2008

Die groep bestaan uit meestersangers Johan Coertzen (tenoor), Mia Otto (mezzosopraan) en Renea van Tonder (sopraan), saam met meestermusikante Willem Luitigh (klavier) en Nico Blom (baskitaar en konsertina).

Hul vars en unieke vertolking van ou bekende Afrikaanse volksliedjies is baie nostalgies en roep inderdaad ou herinneringe van vervloee dae weer op.
Die sang word met vertelling afgewissel en sodoende kry die luisteraar ‘n blik op die alledaagse doen en late, vreugde en hartseer, geloof en vertroue, liefde en romanse, pyn en lyding van die Afrikaner, ook tydens die Anglo Boereoorlog en daarna.

Hulle het onder andere die volgende liedjies gesing:
”Kinders moenie in die water mors nie…”, ”Daar oorkant die spruit…”, ”Solank as die rietjie…”, ”Kolperd”, ”Blink Vosperd”, ”Ek soek na my Dina…”, Rokkies wou sy dra…”, ”Vaarwel my eie soetelief…”, ”Hoed my as ek my gaan neerle” (Magaliesburgse Aandlied), ”Die Onse Vader” ens.


Op die foto verskyn vlnr.:    Renea van Tonder, Mia Otto, Johan Coertzen, Nico Blom en Willem Luitigh by die klavier.

Sport- en kultuurleiers vier saam met Radio- en TV programaanbieder Edwill van Aarde sy 70e verjaardag in die Performerteater.

Wednesday, October 22nd, 2008

Verskeie radio- en televisiekommentators, sangers en musikante, mediaresensente en platemaatskappye, sport- en kultuurleiers was by die Performerteater om saam met Edwill van Aarde sy 70e verjaarsdag te vier.

Edwill het in die 45 jaar wat hy by die uitsaaiwese in Suid-Afrika betrokke was, ‘n groot bydrae tot die bevordering van Afrikaans gelewer.

Op sportgebied sal hy veral onthou word vir die meer as 500 krieketwedstryde waaroor hy kommentaar gelewer het deur Afrikaanse woorde vir die Engelse krieketterme te skep.
Hy was die eerste radiopersoonlikheid wat in Afrikaans TV-kommentaar vanaf Lords, die kriekethoofkwartier gelewer het. Hy het verder ook kommentaar gelewer oor nog 22 ander sportsoorte waaronder rugby, boks, gimnastiek en die Comrades marathon.

Edwill het oor ‘n tydperk van 10 jaar 173 uitsendings van die gewilde program ”Flinkdink” aangebied. Na luisteraarsversoeke, is nog 3 reekse voltooi.

Hy het hom ook op musiekgebied onderskei en het sedert 1975 900 uitsendings van die gewilde program ”Afrikaanse Treffers” hanteer en sodoende 431 kunstenaars se musiek bekendgestel.
Talle latere groot name soos Anneli van Rooyen, Carike Keuzenkamp, Janita Claassen, Randall Wicomb en Rina Hugo is heel eerste in die program gehoor en dit het grootliks tot hul bekendheid, plate- en latere Cd-verkope bygedra.

Edwill van Aarde is oor die jare deur talle organisasies vereer:
Met die uitsending van sy 500e wedstryd ontvang hy ‘n Goue Staanhorlosie van die Verenigde Krieketraad;
Hy het onder andere ‘n Artes-toekenning ontvang;
Goue Plate deur Platemaatskappye;
ATKV-toekennings in 1981 en 2005 en
In 2003 het hy ‘n toekenning van Steve Hofmeyr ontvang tydens sy konsert ”Die Nag van die Legendes”.

Edwill sukkel deesdae met sy gesondheid na ‘n motorongeluk jare gelede waarin hy rnstige nek- en rugbeserings opgedoen het. Erge pyn het deel van sy daaglikse bestaan geword.

Die uiters geslaagde konsert waarin onder andere Anna Davel, Arina de Witt, Carike Keuzenkamp, Jan de Wet, Johan Stemmet, Manuel Escorcio, Nadine Blom, Rina Hugo, Ronell Erasmus en Steve Hofmeyr opgetree het, was ook bedoel om aan hom die nodige morele ondersteuning te gee. Amore Bekker van RSG het as seremoniemeester opgetree.


Op die foto verskyn vlnr.: Naas Botha, Steve Hofmeyr, Sakkie Steyl (eienaar van die Performer) en Sakkie Kotze (ATKV Centurion)

Kommentaar oor “Ons vir Jou…”

Tuesday, October 21st, 2008

Reëlings was puik! Ons het lieflike sitplekke gehad. Vir ‘n beter musiekblyspel kon ons nie gevra het nie-dit was wonderlik! Al die dekor,beligting,sang en toneelspel was van hoogstaande gehalte. Nogmaals baie dankie vir al julle moeite en beslommernis om ons te akkomodeer!
Reneé Barnard

Baie, baie dankie dat julle dit vir ons moontlik gemaak het om so ‘n puik opvoering by te woon. Die toneelspel en musiek was van hoogstaande gehalte en het daardie deel van ons geskiedenis kleurvol uitgebeeld. Dis waarlik iets om op trots te wees.
Anna Lausberg

Dit was absoluut FANTASTIES ! ‘n Aand om nooit te vergeet nie. Baie dankie! Alles het vlot verloop.
Ebeth Theron

Met allermooiste musiek en sang is ‘n bekende gedeelte uit die geskiedenis van ons land wonderlik uitgebeeld. Dankie vir julle moeite sodat ons van Potchefstroom dit kon meemaak.
Marianne Botha

Dit was ‘n fantastiese vertoning. Wat vir my verblydend was, is dat my seuns van 21 en 23 in ekstase was daaroor. Hulle het ‘n deel van ons geskiedenis gesien wat hulle nie eers meer op skool leer nie. Baie dankie vir die geleendheid.
Hannelie Louw

Baie leersaam en genotvol. Goeie musiek en lekker om na te luister. Was vir my verblydend hoeveel jong mense daar was. Gee vir my hoop vir ons land. ATKV-Centurion, spesiaal baie dankie vir al julle moeite met ons kaartjies.
Lina Louw

Baie, baie dankie vir ‘n genotvolle aand! Die blyspel was van hoogstaande gehalte. Musiek,dekor en spel was puik. Dankie ATKV-Centurion vir al julle moeite-ons is van Klerksdorp en het dit baie baie geniet.
Ina Gründlingh

Die Musiekspel “ONS VIR JOU !” op die plankeWat ‘n verstommende motivering! En dit nie by wyse van ‘n opswepende politieke vergadering of stormloop nie, maar uit die belewenis en vergestalting deur kunstenaars. Ek was laas so vasgevang deur sang en drama tydens “Phantom of the Opera” in London se Opera House.

Met waardering moet ek eerstens verwys na die onmeetbare rol wat die ATKV gespeel het in die aanmoediging van en uitnodiging tot aftreeoorde en ouetehuise om die onvergeet-like musiekspel teen ‘n meer bekostigbare tarief by te woon. Ek hoop die betrokkenes by die ATKV besef hoeveel vreugde hulle aan bejaarde mense verskaf het deur dit moontlik te maak. Ek wens hulle kon by wees in die gesprekke oor die sukses van die musiekspel en die lewensherinneringe wat weer opgevlam het vanuit die unieke brok geskiedenis. Dit het nuwe verryking en universele betekenis gegee aan ‘n deel van ons volksgeskiedenis wat nog naby aan die harte lê. Die herbelewenis van eens rou, pynlike leed deur die oorlog nagelaat, kon nou deur die vertolking van die verskeie kunstenaars in die vorm van drama en sang en toneel meer universeel beleef word as die algemeen-menlike lot en patos gedurende “ons eie” oorlog. Daar is sin en terapie in die lykskouing van gestorwenes wat eers weer in die huis terug gebring word vir ‘n tyd van besinning voor die begrafnis. Hierin lê dalk meer versoening as wat ons dink. Baie dankie.

Wat die musiekspel betref, meen ek die “professionele jaloesie” wat in die meeste van die vroeëre kritiek te bespeur was, soos in “By” is nou finaal verkeerd bewys. Dit kan nou gesorteer word onder Langenhoven se verhaal van die kriti-kus en die man wat met ‘n span donkies op tog gegaan het. Die sukses van “Ons vir Jou” is op verskeie wyses en op alle terreine van verhoogkuns bewys en die gehalte kuns en die algemene byval wat dit by teaters vol mense gevind het, bekroon dit met die verwagting dat dit jaarliks as ‘n “viering” aangebied sal word.

Sonder om resensent te probeer speel, benader ek dit vanuit die belewenis van ‘n gewone kunsliefhebber. Die gees van die bepaalde oorlog, die Anglo-Boereoorlog, is deurgaans meesterlik uitgebeeld. Die tipiese ongeërgde Boerehumor en “vreesloosheid” te midde van die die flui-tende koeëls het menige staaltjies uit die oorlog soos vertel deur oupas en oumas weer laat leef en ons is in die realitiet daarvan terug verplaas. Die spanninglyn het nooit geknak nie en die toeskouer is meegesleur deur die persoonlike konflik en klein-menslike patos en intrige soos uitgebeeld in elke karakter: daar is die konflik tussen die Boereleiers oor oorlogstrategie, Kruger en De la Rey en ander; daar is die tipiese spel van die verliefdes en verloofdes en hul weg-raping deur die oorlog; die wegskeur van gesinslede van mekaar en van hul geliefde grond; daar is die persoonlike konflik in die gemoed van die opperbevel oor die onvermoë van die Engelse om die oorlog “te wen voor hy nog begin het” en die verdoemende besluit om die plase af te brand en die vrouens en kinders in konsentrasiekampe te plaas; daar is die konflik in die hart van ‘n Boereleier, nadat sy seun sinneloos voor ‘n vuurpeleton sterf – ontaard hy in ‘n wraaksugtige dier of behou hy die eerbare Christelike Boerkarakter ? Ek kan nie help om uit die toneel van die Engelse oppergesag iets van ‘n hekelende satire te ervaar uit “My fair Lady” nie. Hierdie keer net: “Why can’t the English learn…” en dan “And they march Herny Higgins to the wall! And the King would say ‘Oh Liza count the call.’ And they lift their rifles higher, and I’ll shout: ‘Ready! Aim! Fire!’ “ Briljant gedoen.

Nêrens, maar nêrens vind ek ‘n “rassistiese” bybedoeling of ‘n neerhalende chauvinistiese insinking van die ware en eerlike vergestalting van die betrokke tipes nie. Die soge-naamde Engelse selfversekerdheid oor die uitkoms van die oorlog, hul tipiese “high tea”-mentaliteit; die bekende hard-koppigheid en dwars trek onder die Boere en ja, selfs die verteenwoordiging van die tipiese wedersydse vertrouens-verhouding tussen swart bediende en wit huismense is wel deeglik opgeneem, maar sonder enige vooroordeel of haat. Hiermee kry die getroue ou swart genote wat deel gehad het aan die oorlog ook erkenning, wat nie altyd in die geskiedenisboeke gebeur het nie. Ook is die heldhaftigheid van die vyand verteenwoordig.

Wat die musiek, sang, kore en orkes betref, moes ek beves-tiging kry by kenners want ek kon my eie hoë lof daaroor nie vertrou nie. Het ons werklik soveel talent wat nog feitlik “onbekend” is wat nou uit die rook van die Boereoorlog te voorskyn tree saam met ‘n Koos de la Rey? Dit sou eenvoudig vir my smaakloos gewees het as die oorlog by wyse van werklike kanonskote en geweervuur sou plaas-vind. Die musiek en beligting het dit op meesterlike kreatiewe wyse vertolk. Die gebruik van mediabeeld en verbeelding-prikkelende konsepte soos die brandende boerehuisie is uiters vindingryk en het die dramatiese opbou sterk ondersteun.

My grootste verbasing was oor die groot aantal jongmense in die gehoor. Omdat dit lewenslank my belangstelling was, het ek gedurende pouse met ‘n hele aantal jonges gaan gesels. Wat ‘n getuienis, selfs deur anderstaliges, dat hulle deur die sang en musiek meegevoer word en hulle wil dit eenvoudig nie mis nie, hulle wil meer daarvan hê. ‘n Paar Engelssprekende jonges het verklaar dat dit “fabulous” is. Ek vermoed die netjiese insluiting van die treffer “Dela Rey” het baie daarmee te doen. So ‘n vol saal teen die einde van die speeltyd (Woensdag 9 Oktober) vertel sy eie verhaal van die geslaagdheid en sukses van die opvoering. Geluk aan die dramaturg met sy waagmoed, insig en die dramatiese meesterlikheid en geluk ook aan al die ander betrokkenes. Maak “Ons vir Jou” ‘n jaarlikse opvoering by ‘n bepaalde kunsgeleentheid ( nie Volks- of politieke geleentheid nie) en nooi anderstaliges en anders-denkendes saam in familie-groepe en kyk na die versoenende uitwerking daarvan…

Snoep Pretorius, Pretoria, Oktober 2008

Die Voorsitter
ATKV-Tak Centurien
“Ons vir Jou” – Staatsteater-musiekspel
Namens ‘n groot groep pensionarisse van Brummeria Renaissance bedank ek u vir die wonderlike geleentheid wat ons gegun is om die meesterlike aanbieding van “Ons vir Jou” te kon bywoon.

Hoewel die ATKV se webblad en ander media dit goed geadverteer het, het die negatiewe koerantberigte en koste sekerlik baie skade aangerig en ons belangstelling laat kwyn. Die onbaatsugtige gebaar van Mnr. Sakkie Kotze om te midde van sy besige skedule my te skakel om ons daarop te wys dat ‘n spesiale afslag vir pensionarisse beding is en dat verdere opvoerings aangebied word, word uiters hoog waardeer. Dit sou beslis ‘n onberekende gemis in ons almal se lewens beteken het indien ons dit sou misloop.

Die groep het die opvoering uiters verrykend, besielend en treffend beleef en kan nog nie uitgepraat raak nie. U besef nie watter lewensvreugde u aan hierdie mense se belewenis toegevoeg het nie.
Vir die ouer mense was daar soveel meelewing en herhinnering te put uit die dramatiese intriges, die menslike lot en lied, musiek en sang. Onthou dat elkeen van ons nog ‘n verhaaltjie uit ouers, oupas en oumas se oorlogstaaltjies kan onthou en hier speel dit weer in die gemoedere af. Tog is dit so aangebied dat daar geen wrokgevoelens en haat aangeblaas word nie. Kyk gerus na die koerantberig wat ek voorlê en hoop geplaas kan word en wees verseker dat u groot bydrae wyd getref het.

Weer ag ek die aanbieding van so ‘n gehalte en betekenis vir Afrikaans, asook vir ons andertalige vriende dat ek die gedagte wil uitspreek dat dit jaarliks herhaal sal word, juis om vriende vir Afrikaans as kunsmedium, te werf. Daar was reeds van hulle by die afgelope opvoerings.

Ons vir jou – ATKV
Groete
Snoep Pretorius

Davine v.d. Merwe vier haar 10 jaar kankervry met ‘n nuwe Cd ”Davine 10”

Monday, October 13th, 2008

Die sanger Davine van der Merwe, het onlangs haar 10 jaar van kankervry met lof- en aanbidding gevier en terselfdertyd ‘n nuwe Cd ”Davine 10” vrygestel.

Die engelse weergawe van haar trefferboek ”Oasis in ‘n woestyn van kanker” is ook bekendgestel.

Davine is lid van ATKV Centurion Sangersforum en was in 1998 lid van die Sangersforum se musiektoer deur die Oos- en Weskaap met die laaste optrede in die Amfiteater van Hartenbos.

”ONS VIR JOU” ‘N GROOT SUKSES.

Sunday, October 12th, 2008

INWONERS VRA VIR DIE VERLENGING VAN SPEELVAK.

Die ”Ons vir Jou”-produksie in die Staatsteater van Pretoria was so ‘n groot sukses dat daar nie net deur Pretoria-publiek versoeke tot verlenging van die speelvak was nie, maar ook vanoor die hele land en selfs Engeland, Australie en Nieu-Zeeland.

Meer as 25 duisend mense het die produksie wat van 12 September tot 12 Oktober op die planke was, gesien.

Die uiters gewilde en suksesvolle produksie oor die Anglo Boereoorlog, is ‘n unieke kombinasie van verskeie verhooggenres soos die blyspel, drama en musiekspel. Die een oomblik lag jy, dan wil jy huil en nog elke keer het die volgepakte teater met trots staande toejuiging vir briljante spel en sang, uiters effektiewe dekor en regie gegee.

Die produksie is volgende jaar terug op die planke en dan word dit ook in van die ander provinsies herhaal.

Twee kultuurleiers van Pretoria was tydens die 22e en laaste aanbieding op 12 Oktober daar om die akteurs/sangers geluk te wens met hul puik vertoning.


Op die foto voor vlnr.: Michelle Botha (as Nonnie de la Rey) Rouel Beukes (as Genl. Koos de la Rey) en Wynand van Vollestee (as Kleinboet).
Agter vlnr.: Sakkie Kotze (ATKV) en Fred van Zyl (Boeredansers)

”Die Leeu van Wes-Transvaal” bly in Centurion.

Sunday, October 12th, 2008

ONS VIR JOU”- PRODUKSIE ‘N GROOT SUKSES.

Rouel Beukes wereldbekende akteur en sanger bly in Centurion.
Hy vertolk die rol van Genl. Koos de la Rey in die produksie ”Ons vir Jou” wat sopas in die Staatsteater in Pretoria ten einde geloop het.


Op die foto word hy deur twee ander kultuurleiers in Centurion, links Sakkie Kotze (ATKV) en regs Fred van Zyl (Boeredansers) gelukgewens.

Verskeie organisasies vanjaar by die Kranslegging by Irene Konsentrasie Kampkerkhof verteenwoordig.

Sunday, October 12th, 2008

Die seremonie vind elke jaar met sonsopkoms op die Sondag naaste aan 10 Oktober plaas.

Dr. Isak Burger, president van die AGS van Suid-Afrika het vanjaar as prediker opgetree.
In die huldigingsprogram het dr. Dione Prinsloo d.m.v. voordrag- en tablo, die klem laat val op die lewe van
Kranse is daarna op die verskeie grafte gele.


Op die foto vlnr.: Sakkie Kotze (ATKV), Philip de Kock (Voortrekkers), Dione Prinsloo (FAK en Erfenisvereniging), Hettie Bester van die SA Vrouefederasie (SAVF) en Ulrich Langner (Afrikanerbond)