Archive for April, 2007

Ons bied die Boeresport aan by die ‘Afrikaners is plesierig-dag’ by Brightwaters Commons in Randburg

Saturday, April 14th, 2007

Die deelname van die publiek aan ons boeresport het alle verwagtinge oortref. Pa, ma en die kinders het spontaan kom deelneem aan die ontspanne gesinsprogram by die Brightwaters Commons in Randburg. Die toutrek, eiergooi, sakresies en driebeenresies het veral baie deelname, pret en humor tot gevolg gehad.


Op die foto staan die wenners van die eiergooi en driebeenresies ewe trots by Cornelia Havenga van ATKV Centurion.

Afrikaanse en Duitse kultuurleiers word vereer.

Saturday, April 14th, 2007

Die ATKV Centurion Sangers- en Musiekforum het onlangs tydens `n reunie van die 1969 oorsese Volkspeletoergroep, kultuurleiers wat oor baie jare tradisionele volksang en danse bevorder, vereer. Ursula Brenner van Stuttgardt in Duitsland is vereer vir die 40-jaarlange bevordering van haar volkseie sang en danse, maar ook vir haar passie vir en bevordering van die Afrikaanse volksang en -danse.

Sy het in 1969 met die SA Volksang en -speletoergroep in Duitsland kennis gemaak en sedertdien al die toergroepe na Europa met die reëlings bygestaan. Sy was ook lid van verskeie Duitse Volksang en-dansgroepe wat Suid-Afrika besoek het. Sy het so verlief op SA en sy mense geword het dat sy vir `n jaar hier kom woon het, by die Erika Volkspelelaer in Centurion en Pretoria aangesluit het en Afrikaans vlot praat en verstaan.

Drie lede van die 1969 Volksang en-danstoergroep wat op nasionale vlak `n leiersrol in die uitbouing en bevordering van Afrikaanse Volksang en -danse gespeel het, is ook vir hul 50-jaarlange betrokkenheid by hierdie edele kultuurskat vereer.


Op die foto verskyn vlnr.: Dr. Steve van der Merwe, toerleier en vorige voorsitter van die Nasionale Raad vir Volksang en -danse, Sakkie Kotze (ATKV Centurion), Ursula Brenner (Duitsland), mnre. Duimpie Strydom, sekretaris, en Hansie le Roux, huidige voorsitter van die Nasionale Raad.