Archive for March, 2007

Metropolisie Bevelvoerder en Oud-minister by ons Inwonersverg. i.v.m. misdaad e.a. sake

Monday, March 19th, 2007

Die ATKV Centurion het die inwoners van Centurion na `n vergadering i.v.m. misdaadvoorkoming in Centurion genooi. Die resultaat – `n stampvol stadsaal.

Nadat dr. Isak Burger, inwoner asook president van die AGS in Suid-Afrika, die vergadering geopen het, het die voorsitter Sakkie Kotze, diegene wat al `n familielid deur misdaad verloor het, aangerand is, letsels oorgehou het, beroof is ens. gevra om op te staan.

Meer as negentig persent van die gehoor het opgestaan waartydens dr. Isak Burger vir hulle gebid het.

Sakkie Kotze, die voorsitter het tydens die vergadering ook `n beroep op ouers gedoen om uiters versigtig te wees t.o.v. die veiligheid van hul kinders, veral gedurende die middag na skool.

`n Kind wat na skool alleen by die huis aankom met niemand tuis nie, is beslis `n teiken. Ouers by dieselfde skool moet mekaar ondersteun t.o.v. die veiligheid van hul kinders het hy gesê.

`n Inwonerskomitee is ook tydens die vergadering verkies om na die belange van die gemeenskap om te sien. Dr. Isak Burger en mnr. Sakkie Kotze dien onder andere ook op die komitee.

Metropolisie Bevelvoerder en Oud-minister by ons Inwonersverg. i.v.m. misdaad e.a. sake

Monday, March 19th, 2007

OUD-MINISTER, METROPOLISIE BEVELVOERDER EN BEKENDE SANGER BY INWONERSVERGADERING OOR MISDAADBEKAMPING.

Die ATKV Centurion het die inwoners van Centurion na `n vergadering i.v.m. misdaadvoorkoming in Centurion genooi.

Die resultaat – `n stampvol stadsaal.